NG Gemeente De Bloem
Gestig: 1935

Algemene Inligting:

Tye van Dienste:

09:00 Oggenddiens
08:30 Kerklike Feesdae
18:00 Aanddiens

Gebedsaksie:

Sondagaande: 17:30 in Gebedskamer.
Nagmaal: 08:30 in Gebedskamer.

Bybelstudies:

Woensdae: Soos gelys op afkondigings.

Kategese:

Sondae 10 minute na afloop van die oggenddiens in die kerk (juniors) en saal (seniors).

Belydenisklas: Woensdae 17:30 in Gebedskamer.

Volwassenes soos gereël met die leraar.

Projekte

Woekerprojek

Van April tot Oktober elke jaar woeker die gemeente met hul talente.
Met 'n aanvangskapitaal van slegs R10, lewer gemeentelede produkte en dienste aan mekaar teen billike pryse.
Die wins wat uit die bedrywighede gemaak word, word in Oktober by die woekeroesinsameling ingesamel.

Spysenierings

Die gemeente verskaf spysenieringsdienste by troues, verjaarsdae, konferensies en vergaderings. ‘n Wye spyskaart is beskikbaar en funksies met meer as 500 gaste is al hanteer.
Die fondse wat uit die aktiwiteite gegeneer word, word weer teruggeploeg in die gemeente. Dit help dat gemeente om al sy verantwoordelike na te kom.

Tee skink by Onkologie

Daar word elke maand by die Onkologieklinieke van die Nasionaal Hospitaal tee geskink.

Koskas
 
Die nood in die gemeente word elke jaar groter en al hoe meer hulpbehoewende gesinne is afhanklik van die maandelikse kospakkie wat hulle van die gemeente ontvang.
Die persone en gesinne wat op ‘n “noodbasis” gehelp word neem ook toe.  
Die gemeente probeer om aan die groeiende behoefte te voorsien, maar dit is egter ‘n moeilike taak omdat die voorraadvlakke van die koskas grotendeels afhanklik is van skenkings.
Van die items wat die meeste benodig word is: Koffie, tee, suiker, blikkies groente, spaghetti, macaroni, rys, blikkies vis en vleis, margarien, brood, sout, seep, toiletware, gevriesde produkte en kookolie.

Rommelverkoping

Die rommelverkopings is al jare deel van De Bloem se lys van projekte. Ou klere, skoene, gordyne, beddegoed, breekware, elektriese ware, speelgoed en enige ander weggooigoed word verkoop. Die voorraad “rommel” word verkry van skenkings en nadat al die bruikbare artikels onder behoeftige gemeentelede versprei is, word die res van die hand gesit.
Die opbrengs word terug in die gemeente se Koskas geploeg en help weer die nood aan kospakkies finansier.
 
Vrystaat Kunstefees

Die gemeente het al oor die 15 jaar ‘n kosstalletjie by die jaarlikse kunstefees by die Universiteit van die Vrystaat. Die stalletjie is gewoonlik een van die grootste projekte van die gemeente elke jaar. Heerlike kerrie en rys, worsbroodjies, wors, sosaties, hamburgers, jaffels, pannekoek, wortel muffins, melktertjies (ons verkoop so 5000+ op ‘n fees), koeksisters en tuisgemaakte gemmerbier word verkoop.
Die week van werk en speel bied altyd ‘n uitstekende geleentheid vir gemeentelede om mekaar beter te leer ken, gemeente te bou en om nodige fondse in te samel vir die kerk.

Belangrike Datums:

  • 18 Aug 2019
    Nagmaal  09:00
  • 25 Aug 2019
    Bybelsondag  09:00
  • 12 Okt 2019
    Funksie vir Bejaardes  10:00
  • 26 Okt 2019
    Woekerbasaar  09:00
  • 27 Okt 2019
    Hervormingsfees  09:00
  • 24 Nov 2019
    Nagmaal  09:00
    Kerssangdiens  18:00
  • 30 Nov 2019
    Kersmark  09:00
  • 25 Des 2019
    Kersdagdiens - Nagmaal  08:30
  • 31 Des 2019
    Middernagdiens  23:15
© 2019 NG Gemeente De Bloem – All rights reserved